Hartenbos Slaghuis Vereer met Cleaver Toekenning
Hartenbos Slaghuis Wenner van ‘n Platinum Cleaver-toekenning 2021
Dit is met ‘n dankbare hart dat ons op Donderdag 24 Maart 2022 kon wegstap as wenners van ‘n Platinum Cleaver-toekenning tydens ‘n spog geleentheid te Emperors Palace. Hartenbos Slaghuis het gewen in die kategorie vir slaghuise tot en met 3 betaalpunte in die Wes-Kaap.
Die Cleaver-toekennings word aangebied deur die Suid-Afrikaanse Rooivleisbedryfsforum. Verbruikers stem aanlyn en die beste slaghuis word so aangewys. Hierdie nominasies word getel en finaliste word individueel en anoniem geassesseer teen ‘n kontrolelys van 212 punte.
Dankie aan al ons personeel wat die toekenning moontlik gemaak het
‘n Toekenning soos hierdie sou beslis nie moontlik gewees het as ons personeel nie hulle kant gebring het nie. Ons span in die slaghuis is on dit eenvouding te stel net die beste. Graag wil ons elkeen wat ‘n rol speel in Hartenbos Slaghuis opreg bedank vir die onmisbare rol! Ons span is tops en maak die vloei van die slaghuis ‘n sukses en ‘n plesier.
Dankie aan al ons kliënte plaaslik sowel as vakansiegangers.
Baie dankie aan al ons kliënte wat ons so lojale ondersteun, dit sluit natuurlik in ons getroue plaaslikes sowel as ons gereelde vakansiegangers, ander besoekers aan ons dorp sowel as ons groot aantal plaaslike besighede. Ons waardeer elke aankope by Hartenbos Slaghuis opreg.
Ons wil graag elkeen van ons verskaffers bedank wat bydrae tot ons kwaliteit en ons help om net die beste vir ons kliënte te bied.